Dankoffers

Gemeentelede bring self maandeliks hul dankoffer kerk toe. Dankofferkoeverte is by die dienstoonbank beskikbaar. U kan as alternatief 'n internetoorbetaling doen of 'n debietorder voltooi by die bank.

Bankbesonderhede:
Bank: ABSA Drie Riviere
Takkode: 632005
Rekening nr: 2860 580 163

Oktober-maand is ons tiendemaand. Elke lidmaat poog dan om 'n tiende van sy inkomste aan die Here af te staan.

Mannebediening

Kontak: Ds. Chris

Tel: 016 423 3680
082 518 0852

Die manne het 'n eie biduur Vrydae om 05:30.

Vrouediens en Vrouekampe

Kontak: Martie Olivier

Tel: 016 423 3680
072 440 1147

Elke vrouelidmaat is outomaties lid van die vrouediens en het hier die geleentheid om haar Christenskap prakties uit te leef. Hulle is ook betrokke by die Catherine Robson Kinderhuis & ander organisasies waar hulp benodig word.

Kerkraad

Kontak: Kerkkantoor

Tel: 016 423 3130
016 423 5802

Ons gemeente is in wyke ingedeel. Ons poog om in elke wyk 'n ouderling of diaken te plaas as wyksbestuurder. Die kerkraad vergader gewoonlik 5 keer per jaar.

Kategese en Jeug

Koordineerder: Ds Chris

Tel: 083 316 1435

Graad 0 - 12: Ds Chris Olivier - Tel: 016 423 3680 / 082 518 0852
Belydenisgroep (Graad 11): Ds Chris Olivier

Gemeente Bybelstudie

Kontak: Ds. Chris

Tel: 016 423 3680
082 518 0852

(Gedurende Skoolkwartale) - Dinsdae 09:30 - 10:30.
Om by ander Bybelstudiegroepe in te skakel kontak Ds. Chris