Ons Toekoms

Vir die toekoms bly ons pelgrims wat hoop dra. Terwyl ons bereid is om ons van ons vasgeroeste vestings los te maak en vorentoe te beweeg, soos wat Abraham, Moses, Esegiël, Petrus en Paulus gemaak het. Dit was juis hulle bereidwilligheid om te beweeg wat hulle daartoe gelei het om ......

Bediening deur Genade

Dit is soos gister wat ons die beroep na Drie Riviere-Oos gekry het en ons vorige gemeente, Pietersburg Moedergemeente, ons dadelik terug beroep het. Tog op 24 November 2000 het ons in ons pastorie in Drie Riviere ingetrek.

Aanpassing was van beide leraarsgesin en gemeente moeilik. Die gemeente het immers nog gerou oor ds Ben Beukes wat skielik oorlede is ......

Ons Toekoms

Vir die toekoms bly ons pelgrims wat hoop dra. Terwyl ons bereid is om ons van ons vasgeroeste vestings los te maak en vorentoe te beweeg, soos wat Abraham, Moses, Esegiël, Petrus en Paulus gemaak het. Dit was juis hulle bereidwilligheid om te beweeg wat hulle daartoe gelei het om nuwe insigte te kry in die taak wat God aan hulle opgedra het. Dikwels moes hulle na plekke en omstandighede gaan wat vir hulle volkome onbekend was. Volgens Hebreërs het Abraham gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as erfenis sou ontvang sonder om te weet waar hy sou uitkom.

Nooit mag ons die toekoms as pendelaars nader wat op dieselfde roete, waar die omgewing altyd dieselfde bly, beweeg nie. Want as ons glo in 'n lewende God moet ons elke dag vernuwe. Elke lidmaat en ook ons gemeente sal hom elke dag voor God moet vernuwe. Deur net aan 'n statiese samelewing en gemeente te glo is om in 'n dooie God te glo. Daarom wag daar vir ons 'n pelgrimstog waarin ons opgeroep word om na die beste van ons vermoë in die voetspore te loop van Hom wat die Weg en die Waarheid en die Lewe is. God sê tog in Jes 43:18,19 "Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ?n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring."

Die fondament van hierdie Christelike lewenstyl is die kruis en Jesus, want in Hom het ons die grootste bewys van liefde, 'n bewys waarvoor die allerduurste prys betaal moes word.

Met my oog op die toekoms sou ek graag wou bid ... "As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. Eksodus 33:15"

Ja, Here, Laat die toekoms van Drie Riviere-Oos Gemeente nog steed wees Jubelend, Eensgesind, Sorgdraend, Uitlewend, en Sturend. Gee dat ons 'n JESUS-gemeente sal wees.

Heelpad met God

Bediening deur Genade

Dit is soos gister wat ons die beroep na Drie Riviere-Oos gekry het en ons vorige gemeente, Pietersburg Moedergemeente, ons dadelik terug beroep het. Tog op 24 November 2000 het ons in ons pastorie in Drie Riviere ingetrek.

Aanpassing was van beide leraarsgesin en gemeente moeilik. Die gemeente het immers nog gerou oor ds Ben Beukes wat skielik oorlede is, en ons vrek verlang het na Pietersburg.

Gou het die gemeente ons egter in liefde omvou en het die werk begin. Spontaan het nuwe oud-lidmate weer teruggekom en by die gemeente ingeskakel.

In die amper sewentien jaar was die hoogtepunte baie, byvoorbeeld eredienste wat gegroei het, manne-, vroue- en gesinskampe wat eensgesindheid bevorder het, Opstandingspele, Kersspele, 'n Bybeloorskryfprojek, jeugkampe, basaars en elke nuwe lidmaat wat ons ontmoet het. 'n Groot vreugde is die geboue wat gebou is - die Koinonia gebou asook die Ark wat onlangs voltooi is (2016).

In die saal se erediens het poppe hulle verskyning gemaak en word meer informele musiek en instrumente gebruik.

In die tyd hier is gedoop, getrou, begrawe, saam gelag en saam gehuil.

Baie dankie aan 'n kerkraad en gemeente wat ons gesin liefhet, ons die ruimte gee om onsself kreatief uit te leef in die bediening en wat ons ongeag ons foute en tekortkominge nog altyd bygestaan het.

Dit bly vir ons 'n voorreg en groot vreugde om 'n leraarspaar in hierdie gemeente te wees.

Ds Chris en Martie